CrimeLocal newsNewsNews

Sekuriteitsbeamptes wys dapperheid in kruisvuur

Die twee jong mans het dapperheid in 'n noodsituasie gewys.

Twee jong mans wat as sekuriteitsbeamptes by CB Security werk, het Saterdag kop gehou toe ‘n verdagte op hulle afgevuur het.

Botes Botha, eienaar van CB Security, sê die maatskappy sit baie moeite en tyd in hulle opleiding met hulle werkers in.

“Dit is iets wat elke dag opgeskerp moet word. Ons moet ook volgens die wet optree en alles gaan natuurlik oor vertroue tussen kollegas.”

Saterdag omstreeks 16:00 het twee verdagtes glo by die Gereformeerde Kerk in Walter Sisulustraat probeer inbreek. Twee reaksie beamptes van CB Security het reageer en die verdagtes agterna gesit.

Een reaksie beampte, albei bly anoniem vir veiligheid, sê hy het oor die palisade gespring om die een verdagte te volg.

“Die oomblik wat ek naby genoeg aan die een verdagte gekom het, het hy ‘n vuurwapen uitgetrek en op my begin skiet. Hy het sowat vier of vyf skote gevuur voodat ek my wapen getrek het en teruggeskiet het. Ek het in daai oomlik nie gedink nie en het net volgens my opleiding reageer. Dit is die eerste keer wat iemand op my skiet, so dit was wel ‘n groot skok. Die Here het my in daai oomblik beskerm en nie een koeël het my getref nie.”

‘n Oo- en-weer skietery het plaasgevind waarby die verdagte raakgeskiet is. Hy het steeds dit reggekry om oor die palisade te klim  en na die N12 toe te beweeg. Dit is waar ‘n tweede voorval plaasgevind het en die verdagte op die tweede reaksie beampte geskiet het. Die verdagte is vir ‘n tweede keer raakgeskiet en beamptes kon dit regkry om die vuurwapen by hom af te vat. Die polisie en ‘n ambulans was dadelik op die toneel.

Die tweede reaksie beampte sê dit was vir hom vreesaanjaend om die skote te hoor, sy kollega te hoor roep en hy kon hom nie sien om te weet of hy seergekry het nie.

“Ek het vir ‘n oomblik gedink hy is dalk raakgeskiet. Ons is beste vriende, soos broers. Dit was vreeslik om hom te hoor skree en nie te weet of hy seergekry het nie. Die voorval was baie intens. Ons is dankbaar dat die Here ons beskerm het en niemand het seergekry nie.”

Albei beampte sê hulle was nie seker of hulle weer hulle families gaan sien nie.

“Dit was baie emosioneel om by ons huise in te stap en ons gesinne te sien. Dit was net genade. Dit is regtig ‘n eer om ons dorp veilig te hou.”

Die verdagte is na die voorval in die hospitaal onder polisiebewaking opgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button