CommunityCrimeLocal newsNewsNewsRegional News

Polisie ondersoek agtjarige meisie se jaarlange verkragting

Die polisie ondersoek 'n ernstige verkragtingsaak wat 'n agtjarige meisie en 'n 15-jarige seun betrek.

Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting waarby ‘n agtjarige meisie en ‘n 15-jarige seun betrek word. Die saak is uiteindelik by die Ikageng polisie aangemeld nadat die slagoffer by haar buurvrou aangeklop het vir hulp.

Polisiewoordvoerder, Kolonel Adele Myburgh, het bevestig dat die saak op hoë prioriteit geskaal sal word. “Ons is besig om die saak deeglik te ondersoek en is bewus daarvan dat beide die verdagte en die slagoffer nog kinders is.” Volgens inligting word die meisie al vir langer as ‘n jaar gedwing om aan seksuele aktiwiteite met die minderjarige seun deel te neem.

“Dit is noodsaaklik dat ons hierdie saak met die grootste sorg en sensitiwiteit hanteer. Veral omdat die slagoffer en verdagte beide minderjarig,” het Myburgh bygesê.

Die polisie het aangedui dat verdere inligting aan die publiek bekend gemaak sal word namate die ondersoek vorder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Back to top button