Local newsNewsNews

Vermeende inbreker breek been toe hy vlug

Die polisie het die man na die hospitaal vergesel

‘n Man het sy been in Petersonstraat gebreek nadat hy van die toneel van ‘n moontlike inbraak probeer vlug het.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het reaksiebeamptes Sondagaand by ‘n naby geleë perseel ‘n alarm ontvang, waarna hulle by die perseel afgestaan het.

“Daar was eintlik by ‘n ander perseel ‘n inbraak gewees. Daar was ‘n glasdeur wat stukkend was. Die kliënt het nie besef dat daar nog verdagtes binne in die perseel is nie waarna hy die traliehek gesluit het,” het Haefele gesê.

Maandagoggend het die wag wat by die perseel geplaas is, die twee verdagtes gesien. Die een verdagte het deur die venster geklim en weg gekom. Die ander man het oor ‘n muur gespring waarna hy geval het en sy been gebreek het.

Volgens Haefele is die polisie ontbied, waarna die verdagte onder die wakende oog van polisie lede na die hospitaal geneem is vir behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button