Twee jong vroue op Bult beroof
Twee jong vroue deur verdagte beroof nadat om rigtingaanwysings gevra is.

Twee jong vroue is Vrydag, 16 Mei omstreeks 17:00 op die Bult beroof.
Volgens die een slagoffer se pa, Charlton Williams, is die 20 en 21 jarige studente deur twee ander vroue genader. Dié vroue het by hulle aanwysings na die mall toegevra.
“Hulle het baie vrae rondom die aanwysings gehad, soos, sal jy te voet daar kan kom, of moet jy ‘n voertuig hê. Soos hulle gepraat het, het hulle die twee studente omsingel,” verduidelik Williams.
Dit is toe dat ‘n man hulle ook genader het, waarna hy ‘n vuurwapen op die twee studente gerig het.
“Hy het hulle selfone en die PIN kodes van hulle selfone geëis,” verduidelik Williams.
Volgens hom is die twee studente gelukkig nie beseer nie. Dié twee studente wat onderskeidelik tweede en derde jaar studente is, was geskok na die voorval.
“Die polisie was tot dusver baie behulpsaam gewees. Die ondersoekbeampte het baie moeite gedoen om al die nodige inligting te kry. Ons wil net ander mense bewus maak, sodat hulle op hulle hoede kan wees,” het hy verduidelik.
Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder het die voorval bevestig.
“Die ondersoek duur voort, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Mokgwabone gesê.



