Local newsNewsNews

Gewapende rooftog naby munisipale swembad

’n Man is Donderdagaand in Beyers Naudé-laan deur vier gewapende aanvallers beroof. Polisie ondersoek voort.

‘n Man is op 28 Augustus omstreeks 21:30 in Beyers Naude-laamn naby die munisipale swembad beroof.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was die man op pad huis toe, toe vier mans met messe bewapen hom konfronteer het. Die verdagtes het hom van selfone, ‘n slimhorlosie en sy beursie beroof.

Hy kon daarin slaag om Mooirivier Beskerming in kennis te stel waarna hulle reaksiebeamptes gestuur het om die verdagtes te soek. Die verdagtes is nie gevind nie waarna die slagoffer die saak by die polisie aangemeld het.

Die polisie se ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button