Local newsNewsNews

AfriForum eis dringende optrede teen rioolbesoedeling in Mooirivier

AfriForum waarsku teen aanhoudende rioolbesoedeling in die Mooirivier en eis dringende optrede van J.B. Marks-munisipaliteit.

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het ’n ernstige beroep gedoen op die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit om onmiddellik stappe te neem teen die aanhoudende rioolbesoedeling wat die Mooirivier bedreig.

Volgens AfriForum vloei rou riool al vir meer as ’n jaar direk in die rivier in, met een van die ergste voorbeelde reg agter die MooiRivier Mall waar ’n rioolverstopping groot hoeveelhede besoedeling veroorsaak.

Die organisasie waarsku dat hierdie besoedeling nie net ’n groot gesondheidsrisiko vir inwoners inhou nie, maar ook die omgewing ernstig benadeel.

“Die situasie is krities en ons kan nie passief bly terwyl onbehandelde riool ons riviere besoedel en ons gemeenskappe in gevaar stel nie. Die J.B. Marks munisipaliteit het sy wettige en morele verpligtinge versuim en ons eis onmiddellike aksie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum wys daarop dat die probleem ondanks vorige regsintervensies, insluitend ’n tussentydse bevel van die Hooggeregshof in Mahikeng, steeds voortduur. Die hof het die munisipaliteit verplig om ’n rehabilitasieplan bekend te maak, maar volgens AfriForum is daar nog geen betekenisvolle vordering gemaak nie.

In ’n dringende brief aan die munisipaliteit het AfriForum die volgende eise gestel:

  • Onmiddellike noodmaatreëls om die rioolbesoedeling te stop.

  • Die openbare bekendmaking van die rehabilitasieplan, soos deur die hof beveel.

  • Deursigtige verslaggewing oor infrastruktuurverbeterings en begrotingstoewysings.

  • Samewerking met gemeenskapsorganisasies, insluitend AfriForum, in toekomstige beplanning en monitering.

Indien die munisipaliteit nie binne 14 dae reageer nie, sê AfriForum dat hulle die saak sal eskaleer na die Departement van Water en Sanitasie, die Groen Skerpioene en moontlik verdere regsaksie.

AfriForum sê hulle sal aanhou om die plaaslike owerhede aanspreeklik te hou en bly toegewyd aan die beskerming van inwoners se regte en die omgewing.

Die Herald wag al ‘n geruime tyd vir enige terugvoer van die munisipaliteit af oor die situasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button