Local newsNewsNews

Verdagte wat twee huise teiken word met gesteelde selfoon betrap

Twee huise is geteiken later is 'n verdagte met 'n gesteelde selfoon vasgetrek en deur SAPD gearresteer.

’n Verdagte is inhegtenis gneem nadat ’n gesteelde selfoon by hom gevind is.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is daar op 2 Oktober om 20:54 ’n inbel ontvang oor ’n moontlike inbraak by ‘n huis in Meadowstraat. Twee vroue was alleen by die huis.

Reaksielede het vinnig op die toneel opgedaag en bevestig dat verdagtes wel in die huis was. Alhoewel die aanvanklike soektog geen verdagtes opgelewer het nie, het een van die vroue later haar hangkas oopgemaak en onverwags aan een van die verdagtes se kop geraak. Twee mans het toe gevlug en ’n selfoon en handsak gegryp.

Die vrou het die gesteelde selfoon se nommer aan Mooirivier Beskerming verskaf, sodat dit gebruik kon word indien iemand met die toestel in die omgewing opgemerk word.

Later in die vroeë oggendure, omstreeks 03:03, op 3 Oktober is nog ’n inbel ontvang oor ’n man wat in ’n erf in Beukesstraat rondbeweeg. Reaksielede kon daarin slaag om die man vas te trek. Hoewel daar geen skade aan die perseel was nie en hy geen inbreektoerusting by hom gehad het nie, het hy ’n selfoon in sy besit gehad.

Die selfoon is onmiddellik deur die reaksiespan herken. Hulle het die nommer geskakel wat vroeër deur die vrou van Meadowstraat verskaf is en die selfoon het gelui.

Die polisie is ontbied en het die verdagte in hegtenis geneem. Die vrou van Meadowstraat het ’n saak van diefstal aanhangig gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button