Local newsNewsNews

“Te oud vir die ry” diens glo aan pensionaris geweier

'n Video wat op sosiale media geplaas is het baie mense ontsteld oor hoe sleg pensionarisse deur Potch se lisensie kantoor behandel word.

‘n Beampte by die Potchefstroom verkeersdepartement het glo op 30 September geweier om ‘n pensionaris te help nadat hy soos almal in die ry gestaan en wag het.

Anneke Pretorius, ‘n inwoner van Potchefstroom, wat self daardie dag in die ry gestaan en wag het, het die insident op video vasvang. Sy het dit op sosiale media gedeel.

Volgens Anneke was dit nie die eerste bejaarde wat weggewys is terwyl sy daar gestaan het nie.

“Daar is ‘n ry met stoele spesiaal vir pensionarisse, maar die ry was vreeslik lank. Dit is hoekom albei van die mans in die gewone ry kom staan het. Hulle was soos die res van ons bereid om te staan en wag. Beide van hulle is weggewys en diens geweier omdat hulle “te oud” is om in daardie ry te staan.”

Anneke gaan voort om te sê niemand verdien om so sleg behandel te word nie en dat sy die saak verder wil vat.

Die video het baie kommentaar op sosiale media uitgelok. Mense het hulle swak ervarings by die lisensie kantoor gedeel.

Petro Lourens Swanepoel vertel sy is net so swak hanteer.

“Ek was ook al daar en die vrou by eerste toonbank regs was bitterlik onbeskof met my. Sy het beslis voorkeure met wie sy hoflik is en wie sy so swak behandel. Ek het Klerksdorp toe gery.”

“Ek het dieselfde ondervinding gehad. Was by Toonbank aangesê om in die pensionaris ry te gaan sit. Dit was deel van my 7 maande lange stryd om ‘n duplikaat registrasie dokument te kry vir ‘n voertuig,” het Piet Badenhorst op sosiale media vertel.

Die Herald het navraag by die munisipaliteit gedoen, maar ten tyde van  publikasie nog nie terugvoer ontvang nie.

Kyk na die video hier: 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button