Local newsNewsNews

‘n Verlore skaap in Baillie Park steel die kollig

Amper is dit tjoppies met die rondloper skaap.

‘n Verlore skaap het 19 Oktober, die strate van Baillie Park ingevaar en inwoners omtrent laat gekskeer oor hoe hulle hom wou spitbraai.

Natasha Savannah Kriek het Sondagoggend, omstreeks 07:20 op sosiale media ‘n foto van ‘n skaap geplaas, wat haar kêrel glo op sy oggend draf-roete geneem het.

“Hierdie skaap loop rond in Thandistraat (Die Wilger-kompleks) Baillie-park, ingeval dit aan iemand behoort. My kêrel het die foto net gestuur terwyl hy op sy roete was, so dit behoort steeds in die omgewing te wees. Ons glo dit het uit ‘n nabygeleë gebied ontsnap,” het die plasing gelui.

Die plasing het kommentaar van inwoners in die gebied uitgelok.

Jason Gerber het gespot en gesê die skaap is ook moontlik uit vir sy oggend stappie.

Menige mense het gespot en gedreig om die skaap te spit of tjoppies van te maak.

Joe van Dyk het gesê almal wat gisteraand ‘n skaap gespit het moet dalk seker maak hul honde is nog oraait.

Daar is onsekerheid of die skaap sy pad na sy eienaar teruggevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button