‘n Derde generasie Pruis maak M.L. Fick haar tuiste
Graadeen leerder, Suzaan Pruis (6), volg in haar oupa, Willie en pa, Marius se voetspore by Laerskool M.L. Fick.
Laerskool M.L. Fick is sinoniem vir die Pruis-familie van Potchefstroom. Die sesjarige Suzaan is die derde generasie in hierdie familie wat as graadeen-leerder met die ligblou-uniform van Emmies by die hek instap. Dit is ‘n hek wat tradisie van 136 jaar inhou. Op die eerste skooldag vandeesweek op Dinsdag, 13 Januarie, was die eerste en tweede generasie trots langs haar sy.
Haar oupa Willie het in 1967 sy graadeenjaar begin het by dieselfde skool, terwyl haar pa, Marius in 1995 sy skoolloopbaan by Emmies begin het.
Toe:

Nou:

“Dit is vir my baie spesiaal om te weet dat daar drie generasies in dieselfde skool is. Ek is baie trots vandag” – Willie Pruis
Marius noem ook dat hulle slegs 1km van die skool af bly en dat M.L. Fick al vir dekades deel is van hul familie.
“As ‘n plaaslike gemeenskap is
M.L. Fick vir ons belangrik, hier is baie herinneringe gemaak en met Suzaan hier kan ons nou nog meer oomblikke beleef” – Marius Pruis.
Met ‘n huppel in haar stap en ‘n glimlag wat botter kan smelt is Suzaan gereed vir 2026.





