Local newsNewsNews

Veritas en Kasteel vat Eerstejaarskonsert-titel

Die NWU se Eerstejaarskonsert op 13 Maart was van begin tot einde ‘n sensoriese ervaring wat elke kultuurliefhebber se sintuie en emosies op een of ander manier aangeraak het.

Die NWU se Eerstejaarskonsert wat weer uit die boonste rakke met uitspattige en kreatiewe temas wat die gehoor van die eerste tot die laaste toneel aangeraak het. Die choreografie was uitstekend en die humor in die kol.

Kyk die foto’s hier (Foto’s: Tian du Preez)

Derik Visser, solois van Veritas Manskoshuis tydens die toneelstuk.

Veritas Manskoshuis en Kasteel Dameskoshuis (hEEL fanTASties) is as die algehele wenners aangewys. Hul stuk getiteld “Chronicles of Dora” was sonder twyfel die beste een van die aand (Vrydag, 13 Maart) en het 13 eerste plekke in verskeie kategorieë ingepalm.

‘n Toneel uit Veritas en Kasteel se “hEEL fanTASties” produksie wat die eerste algehele plek behaal het. Foto: Tian du Preez

Volgens Franciska-Louise Raubenheimer, Kunste HK van Kasteel Dameskoshuis, was die tema “Dora the Explorer” met ‘n paar ekstras.

“Dora the Explorer was ‘n kartel-leier en dit is dan gemeng met woestyn-drama. Ek het die teks Desembermaand geskryf so tussen die sand en see,” noem sy grappig.

Villagers Manskoshuis en Huis Republiek Dameskoshuis behaal die tweede plek met Laureus Manskoshuis en Dinki Dameskoshuis wat gesamentlik die derde plek neem.

Villagers Manskoshuis en Huis Republiek het ‘n tweede algehele plek behaal. Foto: Tiaan du Preez.
Dinki en Laureus
‘n Toneel uit Laureus en Dinki se opvoering wat ‘n derde algehele plek behaal het. Foto: Tiaan du Preez.

Vir die eerstejaars was hierdie konsert ‘n geleentheid om hul kultuurtalent ten toon te stel met sang, dans, drama en instrumente.

Vir die NWU is dit net weer ‘n bewys hoekom die kunste belangrik is en watter invloedryke effek die kunste tussen studente en koshuiskultuur skep.

Die Eerstejaarskonsert by NWU bied aan eerstejaarstudente die geleentheid om hul talente in sang, dans, toneel en musiek binne ’n gestruktureerde koshuis- en verhoogomgewing te wys. Dit bevorder trots in die kunste, moedig verdere deelname aan kunsaktiwiteite aan, en help seniors en HK-lede om nuwe talent te ontdek en te ontwikkel. Die geleentheid dra by tot ’n inklusiewe, interaktiewe kampuskultuur en versterk die lewendige kunsgemeenskap op die NWU Potchefstroomkampus.

Meer foto’s op Instagram te sien:

View this post on Instagram

A post shared by Potchefstroom Herald (@potchefstroomherald)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button