Local newsNewsNews

Fietsryer bereik die Karoo in sy PAWS Haven-veldtog

Shaun Leach het reeds meer as 1 000 kilometer in sy 2600km roete afgelê met die doel om bewusmaking vir dierewelsyn te vergroot.

Shaun Leach, die fietsryer wat van Beitbrug na Blouberg ry om fondse vir PAWS Haven in te samel, is tans op pad na Loxton vanaf De Aar. Teen 09:00 was hy sterk op pad na Victoria-Wes, waar die plaaslike gemeenskap hom sal ontmoet.

Een van die honde wat Shaun Leach in De Aar welkom geheet het. Foto: Le Tour Cycles/Facebook.

Leach het reeds meer as 1 000 kilometer op sy eie afgelê en verskeie dorpe se mense ontmoet en die doel van sy roete gedeel om bewusmaking vir dierewelsyn te vergroot. Hy het Sondag (29 Maart) veilig in De Aar aangekom en is met ’n pragtige sonsopkoms en twee vriendelike honde verwelkom – tekenend van die hart wat hy vir diere het.

Sonopkoms in De Aar. Foto: Le Tour Cycles/Facebook.

Volg Shaun Leach se roete aanlyn hier

Wat die roete tot dusver ook spesiaal gemaak het, is dat hy sy verjaarsdag op 27 Maart op sy fiets gevier het, terwyl hy moeilike paaie moes aandurf. Motivering is nie iets wat vir Leach moeilik is nie – hy weet hoe baie die diere van PAWS Haven nodig het.

Shaun Leach op sy roete waar hy deur ‘n mede-fietsryer op die pad vergesel word. Foto: Le Tour Cycles/Facebook.

Hy is ook verlede week in Potchefstroom ingewag, waar ’n groep mense honde- en katkos geskenk het. Verskeie ander besighede en skole het reeds vir hierdie veldtog benodigdhede soos kos en komberse bygedra.

Leach gaan nou verder Kaap toe beweeg en behoort op Woensdag, 1 April in Blouberg te arriveer.

Inwoners kan hier vir Shaun Leach se veldtog bydra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button