Local newsNewsNews

Potch-vegter (12) skitter met drie wêreldtitels

Die kampioenskappe, wat van 3 tot 5 April by die Emerald Casino plaasgevind het, het die wêreld se top jong vegters byeengebring.

Wat onlangs nog net ’n droom was, is nou ’n goue werklikheid vir die 12-jarige Selmay Taylor. Dié jong vegkuns-sensasie van Potchefstroom het die afgelope naweek die internasionale verhoog by die 2026 Ring Contact Fighting Art (RCFA) Wêreldkampioenskappe oorheers.

Die kampioenskappe, wat van 3 tot 5 April by die Emerald Casino plaasgevind het, het die wêreld se top jong vegters byeengebring. Selmay het egter gewys sy is in ’n klas van haar eie deur met drie wêreldgordels weg te stap in die afdelings Sportboks, Low Kicks en High Kicks, ’n uitsonderlike prestasie vir ’n atleet van haar ouderdom.

Daarbenewens het sy ook ’n goue medalje en ’n silwermedalje in haar gevegkunsafdelings behaal.

Selmay het as lid van die gesogte Presidensiële Span aan die kampioenskappe deelgeneem, ’n span wat slegs uit atlete bestaan wat op nasionale vlak uitblink en aan streng keuringsvereistes voldoen. Haar deelname het haar reeds onder die land se beste jong vegters geplaas, maar haar prestasie by die wêreldkampioenskappe het haar talent nou ook internasionaal bevestig.

Die leerder van Laerskool Baillie Park berei maande lank intens voor vir die kompetisie met gefokusde oefening, streng dissipline en ’n vasberade wil om haar land trots te maak.

Agter haar staan ’n sterk ondersteuningsnetwerk ,haar familie, sowel as haar afrigters by RCFA Elite, Mark Ekron en Veruschke Lubbe, wat haar deurgaans motiveer.

Die wêreldkampioenskappe het jong deelnemers van regoor Suid-Afrika en ander lande gelok wat in verskeie afdelings meegeding het.

Met drie wêreldgordels en nog medaljes om by te voeg, is dit duidelik dat hierdie jong Potchefstromer ’n krag is om mee rekening te hou.

Selmay dien reeds as inspirasie vir baie jong atlete en bewys dat passie, harde werk en deursettingsvermoë werklik wêrelddeure kan oopmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button