Local newsNewsNews

Sprokies word lewendig op Wêreldboekedag

Van kostuums tot leesmaratons en fondsinsamelings, Wêreldboekedag het weer eens gewys dat lees nie net ’n vaardigheid is nie, maar ’n viering van verbeelding en groei.

Wêreldboekedag, wat op 23 April plaasgevind het, het vanjaar weer bewys dat stories nie net op papier leef nie, maar ook in die harte en verbeelding van jong lesers regoor Potchefstroom.

By Emmies, is dié dag soos altyd ’n hoogtepunt op die skoolkalender. Leerders én onderwysers het groot moeite gedoen om soos hul gunsteling boekkarakters aan te trek, wat die skoolgronde in ’n kleurvolle storiewêreld omskep het. Buiten die pret is daar ook gefokus op die waarde van lees en hoe dit kinders se ontwikkeling op alle vlakke bevorder. Op die tipiese Emmie-manier is die boodskap duidelik, hou aan lees, leer en ontdek.

Intussen het Laerskool Mooirivier se Tokkies weer hul liefde vir lees op indrukwekkende wyse gewys tydens hul jaarlikse leesmaraton. Met sowat 900 leerders wat elk ’n minuut en ’n half gelees het, is daar behoorlik momentum opgebou. Binne net vyf uur het dié ywerige spoedlesers altesaam 91 boeke deurgewerk, ’n prestasie waarop die skool met reg trots kan wees. Die Leeslaboratorium is bedank vir hul rol in dié inisiatief wat leeslus onder jongmense aanwakker.

By Baillies het selfs die koue en nat weer nie daarin geslaag om die geesdrif te demp nie. Leerders het, as hul gunsteling storieboekkarakters, die dag met kleur en kreatiwiteit gevier. Die skool het ook ’n fondsinsameling vir hul mediasentrum aangebied, met leerders wat ’n vrywillige donasie kon maak. Die hoogtepunt van die dag was toe die beste geklede seuns en dogters in elke graad hul uitrustings op die verhoog in die skoolsaal ten toon gestel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button