Local newsNewsNews

Identiese tweeling vier hul 80ste verjaarsdag

Dit is 'n groot mylpaal vir Tannie Stientjie van Potchefstroom en haar tweelingsussie, Tannie Lucy, wat tans in Pretoria bly. Hul het die afgelope naweek lekker saam familie feesgevier.

Dit was ’n onvergeetlike dag vir Tannie Stientjie en Tannie Lucy wat saam met familie hul 80ste verjaarsdag in Potchefstroom op Vrydag, 1 Mei, gevier het.

Tannie Stientjie de Wet woon tans in Potchefstroom, terwyl haar sussie, Lucy Jordaan, in Pretoria woonagtig is.

Familie het woorde van wysheid, dankbaarheid en liefde aan hierdie twee besondere dames gerig.
Die twee is baie geheg aan mekaar en deel jare se herinneringe, veral oor hul dae op die familieplaas in Bothaville.
Die tweeling is op 3 Mei 1946 in Bothaville gebore. Hul nooiensvan was Botes en hulle het op ’n plaas grootgeword wat hul pa besit het.

Die tweeling as dogters.
Die tweeling as babas in die 1940’s.

Stientjie was 18 toe sy met Hansie Snyman getrou het. Sy was vir 36 jaar aan sy sy tot en met sy afsterwe. Stientjie het daarna weer getrou met oom Hennie de Wet, en hulle is amper 26 jaar saam en woon in Bailliepark. Lucy is op 19 met Piet Jordaan, ’n bankbestuurder, getroud Hulle gaan nog na 59 jaar sterk en is amper op die 60 jaar mylpaal van getroude lewe.

Stientjie was ’n naaldwerkster en het klere gemaak vir matriekafskeide, troues en ook die dominee se vrou se rok gemaak.
“Sy het dit uitstekend gedoen. Jy kon vir haar ’n prentjie wys en dan maak sy dit. Sy het my man se matriekafskeidpak ook gemaak,” vertel Stientjie se skoondogter, Anne-Marie.

Lucy was ’n huisvrou en het ook klere gemaak – iets wat albei van kleins af vanaf agt-jarige ouderdom by hul ma geleer het.
Lucy het twee kinders, Johan en Wilma. Stientjie se twee kinders, Jaco en Christelle, woon in Potchefstroom.
Die tweeling het ook ’n ouer sussie, Heila (93), wat by die 80ste verjaarsdagpartytjie was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button