Local newsNewsNews

Oorsigbesoek dui op waterkrisis in distrik

Dit het ook aan die lig gekom dat bykans R3 miljard benodig word vir die broodnodige herstel van water- en sanitasie-infrastruktuur in Dr. Kenneth Kaunda.

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het gister (Woensdag, 6 Mei) voor die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmuisipaliteit se raad meer oor die gevolge van wanbestuur in ‘n verslag uitgelig.

Hierdie verslag volg op ‘n oorsigbesoek wat die adjunkminister van water en sanitasie, Sello Seitlholo, vanaf 26-27 Maart uitgevoer het.

‘n Verslag van die departement van water en sanitasie (DWS) wat vandag voor die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit se raad gelê is, het die skokkende gevolge van jarelange ANC-wanbestuur opnuut belig.

Meer as 6 000 huishoudings het steeds nie toegang tot lopende water nie en 37 water-en sanitasieprojekte is ná jare nog nie voltooi nie. Die grootskaalse besoedeling van riviere en grondwater weens die verval van riool-infrastruktuur gaan ook onverpoosd voort.

Seitlholo het tydens sy besoek ook op sosiale media genoem dat verouderde infrastruktuur vervang moet word en dat die nuwe rioolpompstasie in Zakhele verder van die woongebiede moet wees en dat daar ook beter sekuriteit gehandhaaf moet word. Hy het wel sy dank uitgespreek oor die vordering rakende die opgradering van die Ikageng-pompstasie.

Volgens Mariska Oosthuizen-Van Tonder, VF Plus raadslid in die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, hou die erge besoedeling van die Mooirivier weens die openlike storting van onverwerkte riool in die rivier hou ‘n ernstige bedreiging vir die plaaslike landbousektor in.

“Dit hou ook gesondheidsgevare in vir die inwoners van Potchefstroom met die rivier wat regdeur die dorp vloei,” noem sy.

Dit het ook aan die lig gekom dat bykans R3 miljard benodig word vir die broodnodige herstel van water- en sanitasie-infrastruktuur in Dr. Kenneth Kaunda. Die onderskeie toelaes wat die munisipaliteit van die nasionale regering ontvang, dek nie die herstel en onderhoud van infrastruktuur nie. 

“Dit is duidelik dat daar oor ‘n lang tyd geen behoorlike beplanning gedoen is om te verseker dat bestaande infrastruktuur beskerm en onderhou word nie. Dit is ‘n skande dat die inwoners van Klerksdorp, Maquassi, Potchefstroom en Ventersdorp moet ly weens die wanbestuur en onbevoegdheid van die ANC in dié munisipaliteit,” noem Oosthuizen-Van Tonder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button