Local newsNewsNews

VLU Bailliepark maak ’n verskil met omgee en daadwerklike ondersteuning

VLU Baillieparktak het nie net noodsaaklike items voorsien nie, maar ook ’n boodskap van medemenslikheid oorgedra.

Klein dade van liefde en omgee kan ’n groot verskil in mense se lewens maak.

Dit is presies wat die lede van die Vroue Landbou-Unie (VLU) Baillieparktak die afgelope paar maande bewys het toe hul getrou toiletware en Vaseline vir leerders van ES Le Grange Skool ingesamel het.

Die tak het op Woensdag, 3 Junie, die geskenkte items amptelik aan die skool oorhandig. Danksy die vrygewigheid van die lede is altesaam 144 botteltjies Vaseline, asook ’n groot hoeveelheid seep, tandepasta, sjampoe en ander toiletware geskenk.

Volgens Corrie Terblanche van VLU Baillieparktak was die projek ’n spanpoging waaraan lede maandeliks deelgeneem het.

“Baie dankie aan elke lid wat so getrou elke maand ’n bottel Vaseline en toiletware gebring het. Ons het dit Woensdag aan ES le Grange oorhandig,” het sy gesê.

Hetta Barnard het die skenking namens die skool ontvang en haar dankbaarheid teenoor die VLU-lede uitgespreek.

Vir die Baillieparktak gaan gemeenskapsbetrokkenheid oor meer as net die oorhandiging van produkte, dit gaan daaroor om hoop te bring en mense te ondersteun waar daar ’n behoefte bestaan.

“Dit is altyd baie spesiaal vir ons VLU-tak om betrokke te wees en ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak,” het Terblanche gesê.

Die inisiatief dien as ’n herinnering dat wanneer mense saamstaan met ’n gemeenskaplike doel, selfs eenvoudige skenkings ’n betekenisvolle impak kan hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button