Local newsNewsNews

Potchefstroom Dienssentrum kort gemeenskap se hulp na busongeluk

Sonder hierdie bus beteken dit dat honderde bejaardes nie van hierdie gespesialiseerde vervoerdiens kan gebruik maak nie.

Die Potchefstroom Dienssentrum het die hulp van die gemeenskap nodig nadat hul rolstoeltoeganklike bus verlede maand in ‘n ongeluk betrokke was en sodoende afgeskryf is.

Die ongeluk het op die hoek van Chris Hani en OR Tambo op 11 Mei plaasgevind.

Sonder hierdie bus beteken dit dat 259 mense in die gemeenskap nou nie van hierdie gespesialiseerde vervoerdiens kan gebruik maak nie.

Dit sluit in lede van die Potchefstroom Dienssentrum sowel as inwoners van verskeie aftreeoorde wat weekliks hierdie diens gebruik.

Hierdie bus was met ‘n spesiale hidroliese rolstoelhyser toegerus wat toegangklikheid vir rolstoelgebruikers verhoog het en hul veiligheid verseker het. Dit was die enigste bus van sy soort in Potchefstroom.

Volgens Madelie Nieuwoudt, aktiwiteitskoördineerder by die Potchefstroom Dienssentrum, is dié nie-winsgewende organisasie se doelwit om R 800 000 in te samel om die rolstoelvriendelike bus te vervang.

Vir die gemeenskap wat beperkte mobiliteit het was die bus ‘n lewenslyn om die lewe daar buite te kon ervaar end eel van die gemeenskap te kan wees. Dit het ook bejaardes na hul mediese afsprake vervoer.  

“As ‘n geregistreerde welsyns-en nie-winsgewende organisasie is ons afhanklik van die gemeendskap se ondersteuning. Hierdie was meer as net ‘n bus. Dit was ‘n brug na mediese sorg, onafhanklikheid en gemeenskapsdeelname,” noem die Potchefstroom Dienssentrum.

Hul het ‘n Back-A-Buddy veldtog begin wat by hierdie skakel gevind kan word: https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-ons-weer-op-die-pad-kom

Vir meer inligting kan die Potchefstroom Dienssentrum by 018 293 0678 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button