Local newsNewsNews

VF Plus kap JB Marks oor 50%-verhoging vir senior bestuur

Die verhoging, wat volgens die VF Plus deur die ANC-beheerde raad goedgekeur is, sal boonop terugwerkend vanaf 2024 van krag wees.

Die VF Plus het skerp kritiek uitgespreek teen die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se besluit om ‘n salarisverhoging van 50% vir senior bestuur goed te keur, terwyl inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp volgens die party onder swak dienslewering en vervalle infrastruktuur gebuk gaan.

Dit is besluit tydens vandag (Dinsdag, 23 Junie) tydens die stads-en begrotingsrede.

Die verhoging, wat volgens die VF Plus deur die ANC-beheerde raad goedgekeur is, sal boonop terugwerkend vanaf 2024 van krag wees.

Volgens die VF Plus koukusleier in die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, Matthys van Tonder, is die besluit onverantwoordelik gegewe die munisipaliteit se finansiële uitdagings.

“Só ‘n verhoging op hierdie tydstip is uiters onverantwoordelik gegewe JB Marks se benarde finansiële posisie en die toenemende verval van Potchefstroom en Ventersdorp,” het Van Tonder gesê.

Hy voer aan dat die terugwerkende implementering van die verhoging ‘n verdere las van miljoene rande op die munisipaliteit sal plaas.

Die VF Plus beweer verder dat die munisipaliteit se 2026/27-begroting onbefonds is en nie ‘n realistiese beeld van die munisipaliteit se geprojekteerde inkomste weerspieël nie.

“Dit wys duidelik dat die ANC in JB Marks heeltemal tred met die werklikheid verloor het,” het Van Tonder gesê.

Die party het ook kapsie gemaak teen die goedkeuring van R20 miljoen vir die bou van ‘n sportstadion in Ventersdorp, terwyl die dorp volgens die VF Plus met ernstige infrastruktuurprobleme worstel.

Van Tonder sê inwoners van Ventersdorp het reeds vir 18 uur sonder elektrisiteit gesit weens vervalle kraginfrastruktuur, terwyl die dorp se strate bykans onbegaanbaar is.

“Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp ly al jare onder die verval weens die siniese ANC-wanbestuur en korrupsie in JB Marks,” het hy gesê.

Die VF Plus sê hy sal voortgaan om vir die herstel van professionele en etiese dienslewering in die munisipaliteit te veg en het kiesers aangemoedig om hul stemme tydens die volgende munisipale verkiesing te gebruik om verandering in plaaslike regering te bewerkstellig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button