Local newsNewsNews

Kragonderbrekings affekteer gedeeltes van Bailliepark en Grimbeekpark oor die naweek

Die elektriese span moes eers gate grawe en verbindings en laste aan die kabel maak.

’n Gedeelte van Bailliepark in Wynnestraat, sowel as sommige strate in Grimbeekpark, was die afgelope naweek sonder kragtoevoer.

Die rede hiervoor is ’n fout by die Epsilon-substasie wat eers herstel moes word.

Daar is glo ook ’n probleem met ’n kabel waar elektrisiëns eers laswerk moes doen.

DA-wyk 3-raadslid, Anné van Onselen, het bevestig dat ’n munisipale span tans hard werk om die kragtoevoer te herstel.

Die elektriese span moes eers grawe en verbindings en laste aan die kabel maak. Sodra die verbindings getoets is, kan die krag moontlik teen vanaand omstreeks 22:00 in dié gebiede herstel word.

Dit volg ná grootskaalse kragonderbrekings wat Saterdagoggend (1 Augustus) van 04:30 tot ongeveer 11:00 in ander gedeeltes van Potchefstroom geduur het. Inwoners van Bailliepark en Grimbeekpark is reeds twee dae sonder elektrisiteit.

Terwyl inwoners van Grimbeekpark die afgelope naweek sonder elektrisiteit was, is inwoners van Rivierstraat reeds keelvol nadat hulle sedert Maandagoggend (27 Julie) vroeg sonder krag sit. Dit is nou al byna ’n week sonder krag.

Die munisipaliteit het vroeër gesê dat spanne reeds gister met herstelwerk sou begin, maar volgens inwoners is daar steeds geen tekens daarvan nie.

Die JB Marks Munisipaliteit het nog nie op verdere navrae oor Rivierstraat se kragsituasie gereageer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button