Local newsNewsNews

Rivierstraat kragonderbreking: Munisipaliteit noem dat herstelwerk begin

Die JB Marks Munisipaliteit moedig die publiek aan om sake van kabeldiefstal by die polisie of munisipaliteit aan te meld.

Inwoners in ‘n gedeelte van Rivierstraat naby Jeugdstraat behoort binnekort weer krag te hê nadat die JB Marks Munisipaliteit se spanne glo vandag (1 Augustus) met herstelwerk begin het.

Inwoners sit reeds sedert Maandagoggend omstreeks 04:00 sonder krag weens kabeldiefstal.

Volgens die JB Marks Munisipaliteit se woordvoerder, Jeanette Tshite, was daar ‘n vertraging met die herstel van die kragkabels omdat die nodige materiaal eers Vrydag (31 Julie) gearriveer het. Sy het ook bevestig dat kabeldiefstal die oorsaak van die kragonderbreking is.

“Die materiaal is bestel, maar weens verkrygings- en afleweringstydlyne kon dit eers Vrydag ontvang word. Herstelwerk is vir Saterdag, 1 Augustus, geskeduleer.”

Tshite sê ook dat die munisipaliteit om verskoning vra vir die ongerief wat die kragonderbreking vir inwoners veroorsaak het.

“Kabeldiefstal hou aan om ‘n wesenlike impak op dienslewering te hê en het ook ‘n geldelike impak op die munisipaliteit en die gemeenskap.”

Sy voeg by dat die munisipaliteit inwoners se geduld tydens die herstelproses waardeer.

“Die JB Marks Munisipaliteit moedig die publiek aan om gevalle van kabeldiefstal of enige verdagte aktiwiteite rondom elektriese infrastruktuur by die polisie of die munisipaliteit aan te meld.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button