Local newsNewsNews

Polisie vra gemeenskap se hulp om vermiste Huis Hebron-man op te spoor

Jaco Pieters is sedert 5 Augustus vanjaar vermis. Sover kon die polisie nog nie vir Pieters opspoor nie.

Die Potchefstroom-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die opsporing van die 60-jarige Jurie Jacobus Pieters, ook beter bekend as Jaco, wat sedert 5 Augustus vermis word.

Volgens die polisie is Pieters op Woensdag, 5 Augustus, laas gesien toe die bestuurder van Huis Hebron hom by Mooirivier-Mall afgelaai het.

Die polisie het sedertdien ’n soektog van stapel gestuur en uitgebreide ondersoeke gedoen, maar dit het tot dusver geen positiewe resultate opgelewer nie.

Pieters was ten tyde van sy verdwyning ’n swart baadjie, blou jeans en bruin skoene gedra. Hy dra ’n bril.

“Die polisie doen ’n beroep op enige persoon wat moontlik inligting oor Pieters se ligging het, onmiddellik aan die ondersoekbeampte deur te gee,” het die polisie gesê.

Enigiemand met inligting kan AO Lungile Plaatjie by 082 779 7200 kontak.

Die polisie versoek die gemeenskap om enige inligting, hoe gering ook al, deur te gee wat kan help om Pieters veilig op te spoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button