Local newsNewsNews

Vrou (52) glo in nuwe huis beroof en verkrag

Die vrou is later buite die eiendom deur ’n buurman en lede van die buurtwag aangetref nadat hulle haar hulpkrete gehoor het.

’n 52-jarige vrou is na bewering in die vroeë oggendure van Sondag, 30 Augustus, in haar nuwe woning in Suid-dorp in Potchefstroom aangeval, verkrag en beroof.

Volgens die polisie het ’n onbekende man na bewering toegang tot die woning deur ’n gebreekte venster verkry.

Die verdagte het glo geld van die vrou geëis en haar aangerand voordat hy haar na bewering verkrag het. Hy het daarna glo met haar selfoon, handsak en sleutels op die vlug geslaan.

Die vrou is later buite die eiendom deur ’n buurman en lede van die buurtwag aangetref nadat hulle haar hulpkrete gehoor het.

“Nooddienste is na die toneel ontbied en die slagoffer is na ’n hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek,” het sersant Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens die polisie het die verdagte nie ’n masker gedra nie en het hy Engels gepraat.

’n Saak van huisroof en verkragting word ondersoek. Die verdagte is steeds op vrye voet.

Luitenant-generaal Arthur Adams, provinsiale kommissaris van die Noordwes, het die aanval ten sterkste veroordeel.

“Die speurders werk dag en nag om die verdagte te identifiseer en in hegtenis te neem. Hulle sal nie rus voordat geregtigheid geskied nie,” het Adams gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die verdagte op te spoor, word versoek om konstabel Kefilwe Mashoko, die ondersoekbeampte, by 082 443 8805 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button