Local newsNewsNews

Coenie bieg – ’n lewe vol musiek maar geen note

Dié ikoon word 11 Oktober sewentig en het dit by Potchefstoorm kom vier met die vertoning wat ’n rare blik in sy persoonlike musiek- en lewensreis gee.

NWU Nuushonde: Bets Steenkamp, Kea Lephoto, Arissa Cronje en Nehema Ntumba

Hy maak al vir meer as 50 jaar musiek sonder om ’n enkele noot te lees. So het Coenie de Villiers teenoor die NWU Nuushonde gebieg na sy eerste Coenie@70 vertoning wat Dinsdag 29 September by Momentum Aardklop Nasionale Kunstefees opgevoer is.

Dié ikoon word 11 Oktober sewentig en het dit by Potchefstoorm kom vier met die vertoning wat ’n rare blik in sy persoonlike musiek- en lewensreis gee.

“Ek gee nou vir julle ’n scoop, dit was nog altyd my geheim. Ek lees glad nie musiek nie. My ore is te goed. Maar dis niks om op trots te wees nie. Jare gelede het ek altyd volpunte vir my gehoor toetse gekry in my Unisa musiek eksamens, maar bladlees was ’n gemors,” sê Coenie.

“Ek sal nooit vergeet met my eerste eksamen was die eksaminator ’n P.J. Lemmer. Hy sit toe en luister en die gehoor toets gaan baie goed, maar toe kom ons by bladlees en ek speel en dink by myself dit was nie so moeilik nie. Maar die eksaminator sit toe vir my so en kyk en sê ‘dis baie mooi maar dis glad nie wat daar staan nie,” vertel Coenie.

Nog iets waaroor Coenie gebieg het is dat die gevoel van paniek wat hy altyd voor ’n vertoning ervaar hom na vyf dekades steeds volg.

Aan die begin was hy onbekend en noudat hy bekend is, is sy eie standaarde sy grootste kompetisie met elke nuwe vertoning.

“Maar dis goed om skoenlappers in jou maag te hê, die geheim is om hulle in formasie te laat vlieg.”

En wat sou hy graag vir jong Coenie wou sê as hy ’n kans gehad het?

“Niks, want ek luister nie baie graag na advies nie. Maar vir jongmense sou ek graag wou sê dat jy jouself moet toelaat om jou eie foute te maak want dit bepaal wie jy word en wat jy van die lewe maak want dikwels word die foute die storie,” sê Coenie. En daarvan weet hy maar al te goed want 53 jaar gelede het hy as 17-jarige ’n fout begaan toe hy in sy eerste liedjie, “Karoonag” geskryf het dat jy katbos en kambro ruik…

Kambro groei onder die grond en kan nie geruik word nie. Die fout is vandag  steeds vir Coenie ‘embarrising’, maar aanhangers is maar te dankbaar vir die ‘foutjie’ wat ’n Suid-Afrikaanse musiekskat geword het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button