Boeke en boekgesprekke ‘n groot hoogtepunt by Momentum Aardklop
Een van hierdie boekgesprekke was met die bekroonde akteur Tobie Cronje en die skrywer van sy biografie, Chris Vorster.
Die ATKV Boeke Oase by the Roots Lifestyle Centre was weer ’n fees vir boekwurms vandag (Saterdag, 3 Oktober) by Momentum Aardklop. Daar was ook interessante boekgesprekke waarna feesgangers kon luister.
Een van hierdie boekgesprekke was met die bekroonde akteur Tobie Cronje en die skrywer van sy biografie, Chris Vorster.
Chris het talle onderhoude met Tobie gevoer en uiteindelik hierdie pragtige boek saamgestel. Marion Holm het met hulle ’n onderhoud gevoer.
Chris het verduidelik hoe hy die boek aanmekaar gesit het en hoe hy en Tobie lang ure net gesels het – baie daarvan het nie eens die boek gehaal nie.
Op haar vraag aan Tobie oor hoe hy rustigheid en selfvertroue het, noem hy dat ’n paar dinge daarmee te doen het.
“Jy moet die regte gene hê. My ouers was liewe, dierbare mense. Tweedens moet jy nie te belangstel in jou ego nie. Vandat ek klein was, het my ego my gepla. Ek hou nie te veel daarvan om oor myself te dink nie. Derdens, alles verander as jy oud word. Ek dink ek het ook sukses behaal in my loopbaan. Dit gee jou selfvertroue en rustigheid. Ek is nie besig om te baklei vir iets nie.”









