Local newsNewsNews

Rioollek wek steeds kommer in Paryslaan

"Die inwoners is moeg vir leë beloftes. Die munisipaliteit stel telkens ’n ander kontrakteur aan wat tydelike werk verrig."

‘n Rioollek in Paryslaan in Bailliepark is nou al sedert 2024 nog nie heeltemal herstel nie. Rou riool loop uit ’n mangat aan die kant van die pad in die rigting van Parys, naby Wynnestraat. Die riool bou op en stoot dan tot in die erwe van inwoners wat in aangrensende woonkomplekse woon.

Die Potchefstroom Herald was Maandagmiddag op die toneel van hierdie rioollek en kon dadelik die stank opmerk wat inwoners moedeloos laat.

Volgens die AfriForum-tak in Potchefstroom is dit noodsaaklik dat die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit oplossings bied, aangesien die situasie die afgelope paar maande versleg het. Dit skep volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier, ’n groot gesondheids- en omgewingsdilemma.

“Die inwoners is moeg vir leë beloftes. Die munisipaliteit stel telkens ’n ander kontrakteur aan wat tydelike werk verrig, maar niemand los die werklike probleem permanent op nie omdat hulle nie instruksie van die munisipaliteit kry nie. Intussen moet gewone inwoners met rou riool op hul eiendomme en selfs in hul huise saamleef. Dit is onaanvaarbaar en ’n skending van inwoners se reg op ’n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welstand is nie.”

AfriForum en lede van die gemeenskap moes reeds in 2024 self ingryp en ’n tydelike pyp installeer om die probleem te verlig.

Alta Pretorius wys waar die riool uitloop. Foto: Wouter Pienaar
Die rioollek van nader in Paryslaan. Foto: Wouter Pienaar

Volgens Pretorius het die munisipaliteit herhaaldelik aangedui dat ’n permanente oplossing geïmplementeer sou word, maar meer as twee jaar later is die onderliggende probleem steeds nie opgelos nie.

Die Herald het die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit vir kommentaar genader, maar het teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button