Local newsNewsNews

Volkies se personeel skitter op die verhoog met “Disney jy nie, dis ek!”

Die Engelse onderwyser, mnr. Cobus Crowther, het die teks geskryf en regie behartig. Hy het ook die hoofrol van Mickey Muis vertolk.

Hoër Volkskool Potchefstroom het op 12 en 13 Oktober hul personeelkonsert Disney jy nie…dis ek! aangebied. Dit was ’n skreeusnaakse vertolking van verskeie Disney-karakters uit verskillende eras, met ’n boodskap van samehorigheid wat in al die tonele verweef is. Op die ou end moet besluite geneem word en natuurlik het elke karakter hul eie storie.

Die Engelse onderwyser, mnr. Cobus Crowther, het die teks geskryf en regie behartig. Hy het ook die hoofrol van Mickey Muis vertolk. Charisla de Bruyn het die rol van Minnie Muis gespeel.

Die personeel van Volkies het hul harte in elke rol gesit en hulself op komiese wyses uitgedruk om die karaktereienskappe nog meer te beklemtoon. Verder is daar ook nou en dan ’n paar plaaslike Suid-Afrikaanse humor- en populêre kultuurverwysings ingewerk wat die gehoor laat giggel het. ’n Pluimpie kan aan die akteurs gegee word wat met hul nieverbale bewegings ook vir baie komedie gesorg het. Dit het gevoel of daar gedurig momentum was omdat daar soveel karakters op die verhoog was en elkeen hul vyf sent se insette gelewer het.

Aan die een kant van die spektrum was Mickey, Minnie, Donald (Pieter Wiid) en Goofy (Rikus van Zyl), en aan die ander kant was die nuwer generasie karakters, soos Elsa (Mada Oosthuizen) uit Frozen, sowel as Woody (Herman du Plooy) en Buzz Lightyear (Stefanie Pretorius) van Toy Story. Voeg die baddies by soos Cruella de Vil (Magriet Pyper), Maleficent (Shané de Jager) en Ursula (Lorissa Coetzer) by en jy kry talle onvergeetlike oomblikke.

Die mengsel van hierdie eras was ook ietwat ’n parodie op die skoolstelsel, met jong en ervare onderwysers wat hul stemme gehoor wil hê.

Op die ou einde gaan dit oor hoe elkeen hul eie unieke sterkpunte na die tafel kan bring om saam te werk aan iets groter en beter.

Kyk meer foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button