Local newsNews

Vrou sterf by Witrand ná ses dekades sonder besoeke

Die hospitaal doen nou ’n dringende beroep op die publiek om te help om die naasbestaandes op te spoor.

’n Bejaarde vrou wat vir meer as 67 jaar by Witrand-spesialishospitaal in Potchefstroom was, is nooit deur haar familie of naasbestaandes besoek nie.

Die hospitaal doen nou ’n dringende beroep op die publiek om te help om die naasbestaandes van Martha Jacoba Jordaan (82), wat op 18 November in saal 10 van Potchefstroom-hospitaal oorlede is, op te spoor.

Volgens Nico Masiu, assistent-direkteur van kommunikasie by Witrand-spesialishospitaal, is Jordaan op 1 Julie 1959 vanuit Kimberley na Witrand oorgeplaas.

Hospitaalrekords toon dat Jordaan gedurende haar verblyf nooit besoek is nie. Die hospitaal het ook geen rekord van ’n adres of enige kontak met haar familie of naasbestaandes nie.

Haar laaste bekende kontak met familie was in 1978.

Die hospitaal doen ’n beroep op enigiemand wat inligting oor Jordaan of haar familie het om na vore te kom.

Naasbestaandes word versoek om Witrand-spesialishospitaal te kontak of die hospitaal se maatskaplike werker by 018 294 9100 te skakel.

Masiu het gesê indien geen familielid na vore kom of kontak maak nie, sal ’n verslag ingedien word sodat die hospitaal reëlings vir Jordaan se begrafnis kan tref.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button