Potchefstroom Dorp rugbyklub se juniorspanne gaan Maandag met oefening begin.
Dit is ter voorbereiding van die historiese wedstryd wat dié o/13, o/15 en o/17 spanne teen Klerksdorp Rugbyklub gaan speel. Die wedstryde sal op 8 Oktober as voorwedstryde vir die Luiperds se plattelandspan en die Luiperds se o/21 teen die Sharks o/21 spanne op Olënpark dien.
Volgens Bolla van der Merwe, voorsitter van Potch Dorp, gaan hierdie wedstryde geskiedenis in die provinsie maak, omdat daar nog nooit junior klubwedstryde tussen Potch Dorp en Klerksdorp gespeel is nie. Dit beloof om ‘n groot Rugbydag te wees. Beide klubs sal die beste van die ouderdomsgroepe in hulle onderskeie stede bymekaar wil bring.
Seuns wat vanjaar o/16, o/14 en o/12 gespeel het, kan ook by die spanne aansluit, mits hulle nie in die voorry speel nie.
As jy nog nie ingeskryf het nie, Volg dié skakel om jou naam by die groep te voeg.
Die oefentye is voorlopig soos volg:
o/17s: Maandae, Dinsdae en Donderdae 17:00 – 18:30
o/15s: Maandae en Woensdae 17:00 – 18:00
o/13s: Dinsdae en Donderdae 17:00 – 18:00