News

Afriforum bevraagteken BELAwetsontwerp

Afriforum is bekommerd dat die BELA-wetsontwerp Afrikaans as Moedertaal in skole gaan skade doen.

Afriforum het met teenkanting opgetree teenoor ‘n voorlegging deur James Ndlebe, die hoofdirekteur van beplanning in die Departement van Onderwys wat die BELA-wetsontwerp bespreek het.
Volgens James Ndlebe is SuidAfrika se toewyding as ondertekenaar van globale verdrae wat ekonomiese, kulturele en sosiale regte bevorder die dryfkrag agter die BELA-wetsontwerp (wysiging van basiese onderwyswette). Ndlebe het aangedui dat dit uiters belangrik is om beginsels soos “Laat geen kind agter nie” te eer en te verseker dat alle kinders toegang het tot onderwys soos dit in die land se grondwet uiteengesit is.

BELA kan, volgends Ndlebe, in die volgende punte uiteengesit word (opgesom):
· BELA fokus op die verbetering van administrasie- en bestuursprosesse op skoolvlak. Hierdie fokus sluit die kurrikulum, slaagsyfers, skoolvakke en infrastruktuur uit.
· Die insluiting van Gr. R as ‘n vereiste word as ‘n sleutel-aspek deur BELA aangeraak.
· BELA hersien die taal- en toelatingsbeleide van skole deur die gesag van besluitneming weg te vat van skole se beheerliggame en oor te gee aan die Departement.
· BELA wil onnodige ontwrigting van skole as gevolg van gemeenskap-proteste of ander probleme verhoed, asook ouers penaliseer wat hul kinders doelbewus uit skole hou vir verlenge tydperkte.
· Ouers wat hul kinders tuis-onderrig moet hul kinders registreer by die Departement en spesifiseer watter kurrikulum hul gebruik. Kinders wat tuis-onderrig ontvang sal onafhanklik getoets word om seker te maak dat hul kwaliteit onderwys ontvang.
· BELA bied prosedures aan vir die
toemaak of konsolidasie van klein of nielewensvatbare skole.
· BELA versterk die verantwoordelikheid van beheerliggame in skole deur kwartaallikse finansiële verslae te vereis.
· BELA bied voorgestelde hervormings rakende leerders se gedragskode. Dit het die afskaffing van lyfstraf in skole herhaal en die definisie uitgebrei om nie-fisiese vorme van straf in te sluit wat ‘n kind se waardigheid ondermyn.
· BELA spreek tiener-swangerskappe in skole aan en plaas die fokus daarop dat swanger leerders toegang to onderwys en ondersteuning in die skool-omgewing moet ontvang.

AfriForum is bekommerd dat BELA gehalte onderwys negatief gaan beïnvloed en vervreemding gaan bring tussen gemeenskappe in die land.
Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is van mening dat BELA se besluitneming om die taalen toelatingsbeleide se gesag aan die Departement oor te gee, geneem is om Afrikaanse skole te verengels.
“Die departement hou vol om enkeltalige Afrikaanse moedertaalskole as boos uit te beeld. Deesdae word dit minder reguit gesê, maar Afrikaanssprekendes weet dat dit veral Afrikaanse skole is wat in die verlede al van uitsluiting beskuldig is en waar personeel en beheerliggame steeds aanhoudend onder druk verkeer om Engelse onderrig aan te bied,” sê Bailey.
Bailey voeg by dat moedertaalonderrig Internasionaal erken word as ‘n Mensereg.
“Die BELA-wetsontwerp gaan dit vir die Departement moontlik maak om skole voller te maak en die bestaande moedertaalonderrig in enige taal buiten Engels te vernietig met die drogredenasie dat kinders nie uitgesluit gaan word nie. In wese sluit Engelstalige onderrig 90% van die land se kinders uit omdat Engels nie hulle moedertaal is nie.”
“Onderwys in die land is gemiddeld reeds van die swakste in die wêreld en gaan met voller klasse en tweede taal onderrig net verder agteruitgaan. Bowendien veroorsaak die miskenning van gemeenskappe se taalregte tot maatskaplike onrus en selfs geweld. Dit blaas spanning tussen gemeenskappe aan en lei tot kulturele onverdraagsaamheid. Dit maak van die BELA-wetsontwerp ’n uiters gevaarlike en verwerplike wetsontwerpe wat die toekoms van almal in die land direk gaan raak,” sluit sy af.

Related Articles

 
Back to top button