CommunityLocal newsNews

Munisipaliteit hervat vullisverwydering op Vrydagroete

Die Munisipaliteit van Potchefstroom kondig aan dat vullisverwydering vandag hervat sal word op die gewone Vrydagroete na 'n onlangse onderbreking. Sekuriteit sal saam met die munisipale voertuie wees weens die voortdurende situasie.

JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gaan vandag vullisverwydering hervat en die gewone Vrydagroete voltooi, volgens ‘n nuwe aankondiging wat gemaak is.

“Indien u vullis gewoonlik op ‘n Vrydag verwyder word, word u versoek om die asblikke vandag uit te sit,” het Marlene Steyn – du Toit
koukusleier van VF Plus JB Marks gesê.
Die munisipale voertuie sal vergesel word deur sekuriteit as gevolg van die aanhoudende situasie, wat nog nie heeltemal ontlont is nie.
Die munisipaliteit het ook belowe om inligting te verskaf oor planne om die res van die roetes wat deur die week nie gedoen kon word nie, op te vang.

In ‘n reaksie op die hervatting van die vullisverwydering, het die VF Plus die strafregtelike stappe verwelkom wat geneem word teen die misdadige elemente wat munisipale trokke beskadig en dienslewering ontwrig het. Die munisipale bestuurder, Mnr. Kgomotso Kumbe, het aan die VF Plus bevestig dat klagtes reeds ingedien is, en dat die SAP reeds met hul ondersoeke na die voorvalle begin het, soos vroeër in ‘n dringende skrywe deur die VF Plus versoek is.

Die VF Plus het belowe om die situasie te bly monitor om te verseker dat daar strafregtelike vervolging van die skuldiges plaasvind.
Die munisipaliteit het nie ‘n verdere kommentaar gelewer nie, maar het beloof om belanghebbendes op hoogte te hou van enige verdere ontwikkelings.
Vir navrae, kontak die Munisipaliteit van Potchefstroom se kantoor vir kommunikasie en navorsing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Back to top button