SportSport

Die appel val nie ver van die rugbyboom af nie

  In 1993 het DP Swart, die bekende Wes-Transvaalse rugbyspeler, die Bankfinbeker saam met die Mielieboere gewen. Sedertdien kon die span wat nou as die Luiperds bekendstaan, nog nie weer die trofee verower nie. In 2015 is daar weer ’n Swart in Luiperdsklere met sy seun, Malherbe, wat op skrumskakel vir die Luiperds uitdraf. Nou …

 

In 1993 het DP Swart, die bekende Wes-Transvaalse rugbyspeler, die Bankfinbeker saam met die Mielieboere gewen. Sedertdien kon die span wat nou as die Luiperds bekendstaan, nog nie weer die trofee verower nie.

In 2015 is daar weer ’n Swart in Luiperdsklere met sy seun, Malherbe, wat op skrumskakel vir die Luiperds uitdraf.

Nou kan hy in sy pa se voetspore volg en die beker lig asook sy eie voetspore in die groen en rooi trui maak.

Malherbe is in ’n rugbyfamilie gebore en kon vanaf ’n jong ouderdom onthou hoe hy en sy pa rugby gespeel en geoefen het. “My pa was nog altyd daar vir my in my rugbyloopbaan. My pa se rugby het iets in my ook aangewakker om rugby te speel en te geniet.

“Ek het baie na hom opgekyk,” vertel Malherbe. Malherbe het sy eerste smaak van skolerugby by Laerskool Bloemhof gehad, waar daar ‘n groot klem op rugby gelê is.

Daarna is hy na Laerskool Mooirivier,  waar hy sy rugby verder op skrumskakel gespeel het. “Ek was miskien bietjie lank vir ‘n skrumskakel, maar met harde werk en oefening het ek die posisie behou,” dink Malherbe terug toe hy in graad agt in Gimnasium was.

“Snaaks genoeg was ek net een jaar in Gimmies toe ek die res van my rugbyloopbaan by Volkies gespeel het. Ek was aan die verloor- en wenkant in die Volkie-Gimmie derby. Daardie wedstryde was altyd baie naby met die spanne wat so graag wou wen,” onthou hy.

Malherbe het wel nie die Luiperds se o.16 span gehaal nie, en was bitter teleurgesteld. “My pa het na my toe gekom en vir my iets gesê wat ek vir die res van my loopbaan uitleef – ‘You can’t keep a good man down’. Dit het my nog altyd tussen al die teleurstellings in rugby gedra.

Malherbe se goeie prestasies in vanjaar se Varsitybeker vir die Pukke het ook ‘n groot rol in sy rugbyontwikkeling gespeel. Hier het hy hom gevestig en met sy intelligente taktiek en harde werk naam gemaak. “Ons was deel van ‘n fantastiese span wat vir mekaar gespeel het.

Die oorwinning teen Tukkies in die semi-finaal was vir my ‘n groot hoogtepunt.” Nou is Malherbe reg om geskiedenis in ‘n Luiperdtrui te maak, nadat hy vanjaar ‘n kontrak by dié unie aangebied is. “Ek wil net groei in my rugby en daardie vertroue wat ek het op die veld uitleef. Dit is belangrik om jouself te herfokus en in die oomblik te speel. Dit is nou wat saakmaak,” sê hy.

Vinnige feite:

  • Malherbe is ‘n kranige gholfspeler en geniet sy tyd op die gholfbaan. •Musiek: Folk musiek en House – net nie iets wat hard is nie.
  • Kos: Eisbein en Mash
  • SA rugbyheld: Fourie du Preez
  • Internasionale rugbyheld: Jonny Wilkinson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button