SportSport

Luiperds wil Griffons ‘n les leer

Die Luiperds speel Saterdag om 14:30 op die Fanie teen die verdedigende Eersteligakampioen, die Griffons. Die Griffons het verlede jaar die eindstryd teen die Valke gewen na die Valke die Luiperds in die halfeind op Olënpark geklop het.Die Griffons se Perstruie het soms ‘n vreemde invloed op die Luiperds en partykeer sukkel hulle teen die …

Die Luiperds speel Saterdag om 14:30 op die Fanie teen die verdedigende Eersteligakampioen, die Griffons. Die Griffons het verlede jaar die eindstryd teen die Valke gewen na die Valke die Luiperds in die halfeind op Olënpark geklop het.Die Griffons se Perstruie het soms ‘n vreemde invloed op die Luiperds en partykeer sukkel hulle teen die besoekers.

Die Luiperds is tans in ‘n uitstekende vorm en staan kop en skouers uit bo die res van die deelnemers in die Eersteliga, net soos verlede seisoen. Die Luiperds se jongste slagoffer was Boland, wat dit verlede week in Wellington moes ontgeld.

Die Luiperds het hulle met 47-12 platgeloop om ‘n sewende bonuspunt-oorwinning in die liga te behaal.Die Luiperds se drieë is gedruk deur: Meel Engelbrecht, Tyler Fisher, Lucian Cupido, Loftus Morrison, Rhyno Smith, Wilmar Arnoldi en Juan Language.

Engelbrecht het met ses doelskoppe geslaag.Die span vir Saterdag se wedstryd was teen spertyd nog nie aangekondig nie, maar die goeie trek.

Onthou: Die wedstryd is op die Fanie du Toit-terrein, nie op Olënpark nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button