League se Western Warthogs stel splinternuwe rugbytrui bekend
Noordwes se provinsiale Rugby Leaguespan, die Western Warthogs, het onlangs hulle nuwe trui bekendgestel. Die trui is ‘n gesamentlike poging van die klubbestuur en die kenmerkende rooi en groen van Wes-Transvaal herleef daarin. Die trui sal gedra word deur spelers wat die provinsiale span haal uit die vier streke waarin die provinsie verdeel is. Verskeie …
Noordwes se provinsiale Rugby Leaguespan, die Western Warthogs, het onlangs hulle nuwe trui bekendgestel. Die trui is ‘n gesamentlike poging van die klubbestuur en die kenmerkende rooi en groen van Wes-Transvaal herleef daarin.
Die trui sal gedra word deur spelers wat die provinsiale span haal uit die vier streke waarin die provinsie verdeel is. Verskeie unieklubs in die provinsie het aangedui dat hulle van aanstaande jaar af in die somermaande League gaan speel, nadat die Luiperds Rugby Unie die deur vir League oopgemaak het.
Potchefstroom Dorp het sy spelers die kans gegee om by League te registreer en die manne is amper super fiks vir die Unie seisoen wat op hande is.



