SportSport

Luiperds reg vir Griffons dié naweek

Die NWU-Pukke sal gou moet terugkom aarde toe na die euforie van die Varsitybeker oorwinning Maandag aand (lees die volledige berig op bl. 28). Die hef-aan lê nou voor in die Curriebeker-kompetisie wat reeds Saterdag teen die Griffons in Welkom begin. Die Luiperds het die laaste paar seisoene die “spook” van Welkom begrawe en goeie …

Die NWU-Pukke sal gou moet terugkom aarde toe na die euforie van die Varsitybeker oorwinning Maandag aand (lees die volledige berig op bl. 28). Die hef-aan lê nou voor in die Curriebeker-kompetisie wat reeds Saterdag teen die Griffons in Welkom begin.
Die Luiperds het die laaste paar seisoene die “spook” van Welkom begrawe en goeie oorwinnings behaal, maar die Perses bly moeilike kalante op hulle klipharde tuisveld.
Afrigter Jonathan Mokuena het basies net ‘n dag of twee oor om die ander Luiperdspelers en die NWU-Pukke tot ‘n hegte eenheid saam te snoer. Benewens die Pukke beskik hy oor spelers soos Juan Language, Dutchie Robberste en nog ‘n paar senior spelers.
Die doelwit sal beslis wees om een van die drie plekke in die ware Curriebeker oop te speel en dan saam met die groot honde te gaan blaf in die tweede ronde wanneer die Super rugby afgehandel is.
Die Luiperds se eerste tuiswedstryd is volgende Vrydagaand om 19:00 op Olenpark.
Die finale span was teen saktyd nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button