SportSport

Luiperds verloor teen Griffons in eerste wedstryd: Valke lê voor

Die Luiperds het weer, soos so baie keer in die verlede, hulle Saterdag vasgeloop teen die Welkom Purple People Eaters, die Griffons van Noord-Vrystaat.

Die Luiperds het weer, soos so baie keer in die verlede, hulle Saterdag vasgeloop teen die Welkom Purple People Eaters, die Griffons van Noord-Vrystaat.
Dit was die Luiperds se eerste wedstryd in die sogenaamde Curriebeker, maar die wedstryde word op SA Rugby se webtuiste as wedstryde in die Provinsiale-liga aangeteken.
Dit was sekerlik moeilik vir die Luiperdafrigter, Jonathan Mokuena, om die Puk-spelers weer terug te bring aarde toe na die oorwinning in die Varsitybeker, maar om met 50 punte te verloor, is net nie aanvaarbaar nie.
Die eindtelling was 76-26 in die tuisspan se guns. Die enigste troosprys vir die Luiperds is dat hulle darem nie met leë hande oor die Vaalrivier teruggekeer het nie.
Hulle het een bonuspunt vir hulle vier drieë gekry.
Vrydagaand om 19:00 lê die Valke voor op Olënpark. Nog ‘n nederlaag kan die Luiperds se drome vir die ware Curriebeker ‘n lelike knou gee.

Die Luiperds teen die Valke: Rhyno Smith; Lucian Cupido, Bradley Moolman, Juffrou Vermeulen, Dean Stokes; Benhard Janse van Rensburg, Malherbe Swart; Jeandré Rudolph ©, Loftus Morrison, Jaco Jordaan, Walt Steenkamp, Stairs Mhlongo, Lucky Ngcamu, Wilmaure Arnoldi, Mashudu Mafela. Reserwes: Dane van der Westhuizen, Roan Grobbelaar, Ruan Venter, Molotsi Bouwer, Chriswill September, Gene Willemse, Wesley Cupido.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button