SportSport

Flames het een oog op die titel

Hardewerk, passie, talent en ‘n uitstekende spangees werp vanjaar vrugte af vir die Noordwes Flames in die Brutal Fruit Premierliga wat na agt seges en ’n gelykop-uitslag, nou outomaties kwalifiseer vir die halfeindrondte. Die Noordwes Flames eindig die groepfase as die enigste onoorwonne span en geniet hierdie naweek ‘n loslootjie voor hulle weer op 27 …

Hardewerk, passie, talent en ‘n uitstekende spangees werp vanjaar vrugte af vir die Noordwes Flames in die Brutal Fruit Premierliga wat na agt seges en ’n gelykop-uitslag, nou outomaties kwalifiseer vir die halfeindrondte.

Die Noordwes Flames eindig die groepfase as die enigste onoorwonne span en geniet hierdie naweek ‘n loslootjie voor hulle weer op 27 Mei die netbalbane in Durban betree. Hierdie week se blaaskans mag dalk net wees wat die Flames nodig het om te herfokus, en alles in te sit vir die groot halfeindstryd watDorette Badenhorst se span met alle mening sal wil wen.

Zandre Kruger is een van die Flames se topverdedigers. Foto: Chris Ricco/BackpagePix
Zandre Kruger is een van die Flames se topverdedigers. Foto: Chris Ricco/BackpagePix

Nou begin die harde werk eers met slegs twee oorwinnings watvir die Flames die eerste keer in die geskiedenis die trofee sal besorg – dit nadat hulle verlede jaar derde en in 2014 vierde geëindig het.

Badenhorst se dames sal die kwarteindstryd tussen die Southern Stings en KwaZulu-Natal Kingdom Stars met ‘n valkoogdophou, aangesien hulle teen een van dié spanne in die halfeindstryd sal meeding.

Volgens Badenhorst sal al die harde werk en uitslae nie veel beteken as hulle nie die trofee vanjaar omhoog hou nie.

“Nou begin die groot kompetisie. As ons een wedstryd verloor is ons uit. Dit is wel fantasties om eerste te eindig en sal vir die spelers baie selfvertroue gee en baie druk van hul skouers haal,” het dié netbalstrateeg van formaatgesê.  Volgens haar verwelkom sy die loslootjie die naweek, al kan dit moontlik die span se momentum kniehalter. “Nee, ek is maar tebly om ’n kwarteindrondevryte spring.

Daardie is dikwels die moeilikste wedstryd, want al die spanne is dan weer  gelyk en almal het ’n gelykekans met baie om voor te speel,” sê Badenhorst.

 

Die Flames kan op ou staatmakers steunvir die halfeindstryd. Zandré Kruger en Jeanté Strydom is ‘n gedugte paar in die verdedigingslinie, terwyl Romé Dreyer ook haar stem in hierdie liga dik gemaak het op die senterposisie.

Renske Stoltz en Sigi Burger se vennootskap spreek ook boekdele vir die Flames se sukses, met Burger wat die top doelskieter in vanjaar se toernooi is. Burger het al 279 doele geskiet met ‘n ongelooflike slaagsyfer van 93%. Hulpdoel, Stoltz, wat dikwels van ver af skiet, het ‘n 79% slaagsyfer met 132 doele tot dusver vanjaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button