Volkies se Beeldtrofeepad begin teen Oos-Moot
Volkskool se eerste rugbyspan het slegs ‘n week gehad om oor hulle 42-36 nederlaag teen Hoërskool Lichtenburg in die Noordwesfinaal te kom en moet nou weer skouer aan die wiel sit hierdie naweek. Dit is maak of breek vir Volkskool wat as naaswenner van Noordwes nou ‘n moeiliker pad in die Virseker Beeldtrofee het. Anders …
Volkskool se eerste rugbyspan het slegs ‘n week gehad om oor hulle 42-36 nederlaag teen Hoërskool Lichtenburg in die Noordwesfinaal te kom en moet nou weer skouer aan die wiel sit hierdie naweek.
Dit is maak of breek vir Volkskool wat as naaswenner van Noordwes nou ‘n moeiliker pad in die Virseker Beeldtrofee het.
Anders as Lichtenburg wat drie weke ruskans het, moet Volkies op hulle tuisveld Saterdag teen Oos-Moot van Pretoria te staan kom.
Indien Volkskool wen sal hulle teen die verdedigende kampioenne, Hoërskool Helpmekaar van Johannesburg volgende te staan kom, wat alles behalwe ‘n maklike wedstryd sal wees.
Vir eers sal Volkskool onder leiding van hulle sleutelspelers soos Hanru van Rooyen, Lukie Pieterse en Gideon Steyn die wa deur die drif teen Oos-Moot moet trek.
Volkskool het sekerlik ‘n paar lesse uit die finaal teen Lichtenburg geleer nadat hulle vroeg al met 18 punte agtergeloop het. Volkskool het wel mooi teruggekom, maar ‘n beter eerste twintig minute sou deurslagewend gewees het.
Almal weet wat hierdie span toe in staat is – nou moet hulle net die bewyse hiervan op die veld gee.
Die wedstryd skop 10:10 af.
*Volkies se o.15 span speel 09:00 teen Hoërskool Pretoria-Noord in hulle uitspeelwedstryd ook op Volkskool se velde



