SportSport

Breitenbach palm derde rolbaltitel in

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom rolbalklub het verlede Sondag se derde provinsiale enkelspeltitel gewen toe hy as Noordwes se ope meesterskampioen gekroon is. Hy het sy klubmaat, Pikkie Abbott met 21-5 in die finaal geklop. Breitenbach het ook in Februarie die nasionale Meesterstitel gewen. Potchefstroom Buiteklub se Chris de Witt en Jabu Nkosi het in …

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom rolbalklub het verlede Sondag se derde provinsiale enkelspeltitel gewen toe hy as Noordwes se ope meesterskampioen gekroon is. Hy het sy klubmaat, Pikkie Abbott met 21-5 in die finaal geklop. Breitenbach het ook in Februarie die nasionale Meesterstitel gewen.

Potchefstroom Buiteklub se Chris de Witt en Jabu Nkosi het in die eindstryd van die heel eerste junior meesters gespeel. Nkosi het as oorwinnaar uit die stryd getree.

Die vroue ope is deur Jillian Booth van Klerksdorp gewen en die twee senior titels gaaan oorkant die Vaalrivier staanplek kry: Dries de Jager en Lazuya Serfontein van die Parys rolbalkub was die wenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button