Luiperds klop Grens met twee punte in naelbytstryd
Die Luiperds het na sukkelende begin in hulle eerste Curriebeker Eersteligawedstryd teen Grens op die ou einde met 26-24 oorwin. Dit was als behalwe mooi rugby in die eerste helfte veral nadat die Luiperds se Bart le Roux in die eerste vyf minute eerste gaan druk het. Daarna het Grens die voortou begin neem en …
Die Luiperds het na sukkelende begin in hulle eerste Curriebeker Eersteligawedstryd teen Grens op die ou einde met 26-24 oorwin.
Dit was als behalwe mooi rugby in die eerste helfte veral nadat die Luiperds se Bart le Roux in die eerste vyf minute eerste gaan druk het. Daarna het Grens die voortou begin neem en meer inisiatief in die rukkerige eerste helfte getoon.
Twee driëe van Athenkosi Manentsa en Masixole Banda het dit beklemtoon. Banda het juis ‘n goeie wedstryd op die aanval gehad, maar sy mislukte skoppe het sy span se wenplanne gekelder. Teen halftyd is altwee spanne, danksy Gene Willemse se drie net voor die sirene, met 12-12 kleedkamer toe.
In die tweede helfte was altwee spanne weer kop aan kop. Michael Makase en Sipho Nofomele druk vir Grens terwyl Le Roux en HP Swart vir die Luiperds druk. Malherbe Swart het met sy drie doelskoppe verseker dat die Luiperds wel die wen behaal.
Die geluk was beslis aan die Luiperds se kant hierdie keer, met Banda wat sy span met suksesvolle strafskoppe kon laat seëvier het.
Foto’s: Mario van de Wall










