SportSport

Ferdies se eerste krieketspan sien uit na eindstryd teen Gimmies

Die eerste krieketspan van Ferdinand Postma Hoërskool het hierdie jaar ‘n baie suksesvolle seisoen. Hulle neem deel in die o.19 Super B liga en speel 15 Oktober teen Gimmies in die finaal op Gimmies se krieketvelde. Ferdies het teen Volkies se 2de span gespeel en gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree. Volkies kon slegs …

Die eerste krieketspan van Ferdinand Postma Hoërskool het hierdie jaar ‘n baie suksesvolle seisoen. Hulle neem deel in die o.19 Super B liga en speel 15 Oktober teen Gimmies in die finaal op Gimmies se krieketvelde.

Ferdies het teen Volkies se 2de span gespeel en gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree. Volkies kon slegs 136 lopies aanteken en na 31 beurte in Ferdies se kolfbeurt steek. Ferdies hul telling verby en wen met 6 paaltjies.

AB de Freitas was onoorwonne op 52 en Reinhard Bornman neem 4 paaltjies vir 53 lopies. Die 1ste span het teen Ikageng gespeel en 218 lopies aangeteken. Hulle boul Ikageng uit vir 70 lopies, wen dus met 48 lopies.

Op 24 September het hulle teen Lichtenburg gespeel en met 3 paaltjies gewen. Die kaptein Reinhardt Bornman het 3 paaltjies vir 53 lopies geneem, Justino Lucas het in 10 beurte net 29 lopies afgestaan en Duan Botha het weer eens sy man gestaan en 41 lopies van slegs 50 balle geslaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button