SportSport

Terseus Liebenberg stel omvattende spiesgooigids bekend

Suid-Afrika se eerste visuele gids vir spiesgooi is in Potchefstroom bekendgestel. Die boek, Science and practice of the javelin throw, deur wêreldbekende afrigter Terseus Liebenberg, is ’n genot vir alle spiesgooi-entoesiaste. Liebenberg, wat ’n luisterryke sportloopbaan van 24 jaar aan die Noordwes-Universiteit (NWU) agter die rug het, is ’n deskundige op hierdie gebied en is …

Suid-Afrika se eerste visuele gids vir spiesgooi is in Potchefstroom bekendgestel.

Die boek, Science and practice of the javelin throw, deur wêreldbekende afrigter Terseus Liebenberg, is ’n genot vir alle spiesgooi-entoesiaste.

Liebenberg, wat ’n luisterryke sportloopbaan van 24 jaar aan die Noordwes-Universiteit (NWU) agter die rug het, is ’n deskundige op hierdie gebied en is tans die afrigter van die Olimpiese ster, Sunette Viljoen. Hy het van die suksesvolste spiesgooi-atlete, soos die wêreldkampioen, Marius Corbett, die rekordhouer, Justine Robbeson, en die jong opkomende ster, Jo-Ané van Dyk, afgerig.

IMG_3882

Liebenberg het ’n groot rol in die vestiging van ’n sentrum van uitnemendheid vir spiesgooi by die Potchefstroomkampus van die NWU gespeel. Hy word wyd erken as die suksesvolste Suid-Afrikaanse afrigter sedert die land se hertoelating tot internasionale mededinging in 1992.

Die spiesgooispesialiste, Kari Ihalainen, dr Klaus Bartonietz en Jan Železny het bydraes gelewer tot die boek, wat nie net ’n insiggewende en noodsaaklike afrigtingsgids is nie, maar visueel ook ’n vreugde is.

Dit is ryklik geïllustreer met foto’s van die allerbeste spiesgooi-atlete in aksie, sketse met aanwysings, en grafieke en tabelle wat inligting weergee.

Hoofstukke sluit onder meer die geskiedenis van die sport, die bemeestering van die tegniek van spiesgooi, ’n afrigtingsprogram en inligting oor innerlike sterkte in.

Uwe Hohn, die wêreldrekordhouer met die “ou-model-spies – 104,80 m”, sê die boek is van spesiale belang vir alle atlete en afrigters wat na nuwe idees en antwoorde soek en dit moeilik vind om te onderskei tussen beginsels wat relevant is vir die afrigting van spiesgooi en dié wat nie is nie.

“Terseus gee antwoorde op byna elke vraag wat ’n mens oor die afrigting van en tegniek vir spiesgooi kan hê,” sê hy.

Die boek is met die ondersteuning van die NWU se kantoor vir Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning bekendgestel. Liebenberg het die boek opgedra aan sy oorlede vrou, Estelle, wat volgens hom sy grootste ondersteuner en die inspirasie in sy loopbaan was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button