Gimmies en Volkies gaan vir Varsity Krieket vuurwerke sorg
Varsity Krieket gaan hierdie jaar in sy derde aflewering in Potchefstroom vanaf 30 Januarie tot 4 Februarie sorg vir groot vuurwerke, veral met die dat twee groot skoolkanonne weer klomp dinamiet op die krieketveld gaan skiet. Net soos verlede jaar gaan Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne mekaar weer aanvat in ’n …
Varsity Krieket gaan hierdie jaar in sy derde aflewering in Potchefstroom vanaf 30 Januarie tot 4 Februarie sorg vir groot vuurwerke, veral met die dat twee groot skoolkanonne weer klomp dinamiet op die krieketveld gaan skiet.
Net soos verlede jaar gaan Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne mekaar weer aanvat in ’n 12 beurt per kant-wedstryd wat as ‘n lekker lusmaker voor die groot Varsity Krieket eindstryd op Saterdag 4 Februarie gaan dien.

“Kykersgetalle en bywoning is vir ons by Varsity Sports baie belangrik. Ons glo dat die wedstryd tussen Volkies en Gimmies goeie getalle sal lok, aangesien dit ‘n baie geskiedkundige tweestryd tussen hierdie skole is.
“Ons waardeer dit dat ons hierdie samewerking met dié twee skole het,” het Duitser Bosman, HUB van Varsity Sports gesê. Gimmies het verlede jaar die wedstryd teen Volkies gewen en Volkies sal beslis wraak wil neem en ook die titel as Varsity Krieketkampioen wil dra. Buiten hierdie skolestryd gaan die Varsity Kriekettoernooi natuurlik op almal se lippe wees met die plaaslike gemeenskap wat sal duim vashou dat die Pukke die beker sal vat. Agt universiteite gaan saam met die Pukke om die trofee meeding en wedstryde gaan aksiebelaai wees. “Ons nooi die plaaslike gemeenskap om die krieket te kom geniet. Daar gaan ook grootskerms wees om die Varsitybeker te kom kyk wat op Maandag 30 Januarie gaan plaasvind,” het Bosman gesê. Potchefstroom gaan behoorlik in ‘n krieketkarnaval omskep word oor hierdie ses dae en Potchefstromers sal dwaas wees om enige bal te mis.



