Grimbeek wen Broken Pot IPS-kompetisie
Aksie op die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan het oor die Kersseisoen nooit gestop nie en met almal terug vanaf vakansie, is die volgende kompetisies die afgelope week gehou. * Woensdag 18 Januarie is ‘n medal (houespel) kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Manie Smit met ‘n netto telling van 70 2e – Riaan Swart …
Aksie op die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan het oor die Kersseisoen nooit gestop nie en met almal terug vanaf vakansie, is die volgende kompetisies die afgelope week gehou.
* Woensdag 18 Januarie is ‘n medal (houespel) kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Manie Smit met ‘n netto telling van 70
2e – Riaan Swart met ‘n netto telling van 72
3e – Albert Britz met ‘n netto telling van 72
*Die nege putjie vleiskompetisie op Vrydag 20 Januarie was in ‘n IPS formaat en die wenners was:
1e – Manie Smit met 24 punte
2e – Johan Coetzee jr. met 22 punte
3e – Bennie Viljoen met 22 punte
*Saterdag 21 Januarie se IPS kompetisie is deur The Broken Pot geborg en die uitslae was soos volg:
1e – Pieter Grimbeek met 42 punte
2e – Johan du Plessis met 39 punte
3e – Kobus Gerber met 39 punte



