SportSport

‘n Kwessie van twee helftes vir Pukke teen CUT

NWU-Pukke het Maandagaand, 13 Maart in ‘n 43-38 oorwinning teen CUT Ixias hulle Varsitybekerdrome op dreef gehou, maar dit kon maklik skeefgeloop het na ‘n verwoestende vertoning in die tweede helfte van CUT. Pukke was 31-10 voor teen halftyd, maar het bietjie aan die slaap geraak in die tweede helfte en vir CUT die kans …

NWU-Pukke het Maandagaand, 13 Maart in ‘n 43-38 oorwinning teen CUT Ixias hulle Varsitybekerdrome op dreef gehou, maar dit kon maklik skeefgeloop het na ‘n verwoestende vertoning in die tweede helfte van CUT.

Pukke was 31-10 voor teen halftyd, maar het bietjie aan die slaap geraak in die tweede helfte en vir CUT die kans gegee om terug te weg. Pukke het die wedstryd beheer, maar dit is juis dan belangrik om die wedstryd goed af te rond – iets wat Jonathan Mokuena se manne juis nie gedoen het nie.

Pukke het wel vir ‘n slag die driekrane oopgedraai en sewe drieë gaan druk, maar ook in dieselfde asem vyf drieë teen hulle afgestaan toe hulle verdediging eerder die lekkende kraan moes toedraai.

Pukke het nou ‘n ruskans van ongeveer twee weke voordat hulle vir Tukkies op die Fanie du Toit Sportgronde ontmoet op Maandag 27 Maart.

Lees meer oor die Pukke en CUT wedstryd sowel as kommentaar in hierdie Donderdag se Potchefstroom Herald.

NWU-Pukke: 43 (31)

Drieë: Elden Schoeman, Wilmar Arnoldi, Jimmy Mpailane, Jeandré Rudolph, Boela Venter, Tapiwe Mafura, Walt Steenkamp.

Doelskoppe: Julian Delicado (4)

CUT Ixias 38 (10):  

Drieë: Kabous van Schalkwyk (2), Ruben Heymans, Dian Dry, Kian Skippers.

Doelskoppe: Martin Jacobs (3).

Strafdoel: Martin Jacobs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button