Varsitybeker Droomspan val vas teen Junior Bokkies
Die 2017 Varsitybeker Droomspan het Dinsdagaand (25 April) op die Danie Craven Stadion in Stellenbosch die knie teen ‘n geoliede Junior Springbok span met 50-19 gebuig. Die Junior Bokkies was gans te goed vir die Varsitybekersterre wat miskien net nog nie goed genoeg as ‘n span geheg was nie. Trouens het die Varsitybeker Droomspan se …

Die 2017 Varsitybeker Droomspan het Dinsdagaand (25 April) op die Danie Craven Stadion in Stellenbosch die knie teen ‘n geoliede Junior Springbok span met 50-19 gebuig. Die Junior Bokkies was gans te goed vir die Varsitybekersterre wat miskien net nog nie goed genoeg as ‘n span geheg was nie. Trouens het die Varsitybeker Droomspan se afrigter, Pote Human, net ‘n week gehad om die span vir dié kragmeting gereed te kry. Twee NWU-Pukke Varsitybekerspelers, die haker, Wilmar Arnoldi en slot, Loftus Morrison, was deel van hierdie span.
Die Varsitybeker Droomspan het in hulle pienk en wit truie alreeds van die staanspoor af skade gemaak en interessant genoeg ‘n 19-7 voorsprong in die eerste helfte gehad. Die Junior Springbokke het toe hulle staal begin wys en 43 punte sonder weerga aangeteken vir ‘n goeie 50-19 oorwinning.
Foto’s: Luigi Bennett/SASPA

Daar was ‘n klomp uitblinkers in hierdie wedstryd soos die Varsity Droomspan se kaptein Duncan Saal wat gedurig probleme vir die Junior Bokkies op vleuel veroorsaak het. Die Junior Bokkies se Damian Willemse, Ruben van Heerden en Manie Libbok het vir die manne in groen en goud weer geskitter.

Punte:
Varsitybeker Droomspan: 19
Drieë: Duncan Saal, Craig Barry, Loftus Morrison
Doelskoppe: Tinus de Beer (2)
Junior Sprigbokke: 50
Drieë: Ruben van Heerden (2), Salmaan Moerat, Muller Uys, Damian Willemse, Nama Xaba, Manie Libbok
Doelskoppe: Gianni Lombard (6)
Stafskop: Lombard



