SportSport

Vat vyf Oberholzer!

Die NWU-Puk 1 rugbyspan het die afgelope Saterdag op tuisgrond vir Randfontein ‘n behoorlike rugbyles geleer met ‘n 76-5 oorwinning. Diederik Oberholzer was die ster vir Puk, met 41 punte waarvoor hy verantwoordelik was. Dié skrumskakel en sewes-spesialis het bewys dat hy ook sy man in 15 per kant rugby kan staan en het vyf …

Die NWU-Puk 1 rugbyspan het die afgelope Saterdag op tuisgrond vir Randfontein ‘n behoorlike rugbyles geleer met ‘n 76-5 oorwinning. Diederik Oberholzer was die ster vir Puk, met 41 punte waarvoor hy verantwoordelik was. Dié skrumskakel en sewes-spesialis het bewys dat hy ook sy man in 15 per kant rugby kan staan en het vyf keer agter die pale gaan kuier.
“Hulle verdediging was hard, maar op die ou einde het ons die wedstryd te vinnig gemaak vir Randfontein en hulle kon nie by ons tempo hou nie. Die eerste helfte was beslis harder gewees. Die weer was lekker om die tempo te hou en toe die son in die tweede helfte uitkom, kon die veld ook droëer raak. Dit het gemaak dat ons meer met die bal kon hardloop,” het Oberholzer gesê.
Die manne van Randfontein kon nie altyd by die pas van die Puk hou nie en het sodoende baie strafskoppe afgestaan om die Puk in die tweede helfte te probeer stuit.
NWU-Puk:
Drieë: Diederik Oberholzer (5), Myburg Briers, Estehan Visagie, Deejee Putter, Danick Pheiffer, Wessel Steyn, Ansron Mokgokolo en Dolf van Deventer.
Doelskoppe: Oberholzer (8)

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button