Fanie Kruger vlieg voor
In week 11 se opewedvlug vanaf Marydale (539 km) het Fanie Kruger besluit dis nou hoogtyd, dat hy vir sy klubmaats moet wys, hy kan ook voor vat as hy moet. In die jaaroud wedvlug by M.R.K., het kampioen Johan Schlebusch weer sy gebruiklike wen gevlieg maar het manne soos Riaan Grobler saamgesels met sy …

In week 11 se opewedvlug vanaf Marydale (539 km) het Fanie Kruger besluit dis nou hoogtyd, dat hy vir sy klubmaats moet wys, hy kan ook voor vat as hy moet.
In die jaaroud wedvlug by M.R.K., het kampioen Johan Schlebusch weer sy gebruiklike wen gevlieg maar het manne soos Riaan Grobler saamgesels met sy tweede en vierde plek en Arrie Marais met sy derde en vyfde plekke. In die opewedvlug het Arrie Marais vir Kruger gejaag met sy tweede en derde plekke en Schlebusch met sy vierde en vyfde plekke.
In die Jaaroud by P.P.K. het Marnes Nel sy kleims verder afgesteek om volgende week as jaaroud kampioen gekroon teword deur hier met die louere weg “tevlieg”. Sy jongduifie vlieg ‘n skoonbreuk van 3 min 58 sek voor die tweede duif. Die jaaroud vlugte eindig na week 12. Kiewiet & Christo eindig tweede en derde, Faan de Beer vierde en Salty de Villiers vyfde. In die opevlugte mors Marais met die manne met plekke 1-4. Slegs Salty & Lettie hokke kan saam gesels met hulle vyfde plek.
In die puntestand by M.R.K. se jaaroud afdeling is Schlebusch so gemaklik voor met sy 1409 teenoor Arrie Marais se 805, Arrie en Tienie se 547, Johann van Wyk se 531 en Hennie Aucamp se 488, dat Schlebusch gerus nou maar kan ophou vlieg vir die res van die seisoen! In die opeafdeling lyk dit egter so bietjie beter vir die ander manne. Schlebusch 962, Willem Moolman 704, Johann van Wyk 621, Arrie Marais 513 en Fanie & Familie veg almal moedig om Schlebusch te probeer vang. Klubkampioen kompetisie lyk soos volg; Schlebusch 2371, Arrie Marais 1318, Johann van Wyk 1152, Wllem Moolman 1099 en Arrie & Tienie 879.
By die puntestand by P.P.K. lyk die manne soos volg : Jaaroudafdeling- Marnes Nel 1492, Marais 1368, Sarel Naude “A” 1209, Sarel Naude “B” 1086 en Nic Stassen 838. Met net een week wat oorbly van die kompetisie, sal Nel moet vasklou aan sy 124 punte voorsprong. In die opeafdeling kompetisie. Kiewiet & Christo (1841) is hier 131 punte voor Naude “A” se 1710. Die hartseer is dat Naude nooit die langpad vlieg nie, maar onttrek na volgende week wanneer die langpad begin na week 12. Naude se “B” span is derde met 982, Salty & Lettie vierde met 834 en Faan de Beer vyfde met 806. Marais loop voor in die klubkampioen afdeling met 3209, Naude “A” 2919, Naude “B” 2068, Marnes Nel 1944 en Faan de Beer vyfde met 1569.




