SportSport

Volkies se De Freitas bewys sy veelsydigheid by nasionale krieketweek

Hoër Volkskool Potchefstroom kan met reg trots wees op sy nuutste krieketster, Christopher de Freitas, nadat hy tydens die nasionale o.15-krieketweek as die beste veelsydige speler aangewys is. Hierdie hotklou-kolwer het weer eens sy wilgerlat geswaai, maar ook met sy kranige regterarm boulwerk die ander provinsies laat les opsê. 2017 was beslis ‘n merkwaardige jaar …

Hoër Volkskool Potchefstroom kan met reg trots wees op sy nuutste krieketster, Christopher de Freitas, nadat hy tydens die nasionale o.15-krieketweek as die beste veelsydige speler aangewys is.
Hierdie hotklou-kolwer het weer eens sy wilgerlat geswaai, maar ook met sy kranige regterarm boulwerk die ander provinsies laat les opsê. 2017 was beslis ‘n merkwaardige jaar vir De Freitas, wat meer as 1 000 lopies in die skole krieketliga vir Volkies se o.15-span geslaan het. Verwag maar dat De Freitas in 2018 homself by die eerste span kan betrek, waar hy moontlik sy stempel sal afdruk wanneer hy die geleentheid kry.

Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.
Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button