SportSport

Gimmies se o.17’s skitter vir provinsie by nasionale krieketweek

Noordwes se Potchefstroomse o.17 krieketspelers het die afgelope Desembervakansie in Oos-Londen by die o.17 Krieket Suid-Afrika (KSA) Krieketweek hulle provinsie en stad trots gemaak. Potchefstroom Gimnasium se Marco Jansen het die meeste lopies (120) vir Noordwes gedurende hierdie week geslaan, met skoolmaat Junior Mathe wat die tweede meeste lopies ingesamel het. Volgens Wian Lubbe, hoogafrigter …

Noordwes se Potchefstroomse o.17 krieketspelers het die afgelope Desembervakansie in Oos-Londen by die o.17 Krieket Suid-Afrika (KSA) Krieketweek hulle provinsie en stad trots gemaak. Potchefstroom Gimnasium se Marco Jansen het die meeste lopies (120) vir Noordwes gedurende hierdie week geslaan, met skoolmaat Junior Mathe wat die tweede meeste lopies ingesamel het. Volgens Wian Lubbe, hoogafrigter van Gimmies se eerste krieketspan, het Mathe se 84 lopies teen Mpumalanga verseker dat Noordwes die wedstryd onbeslis laat eindig het. “Saam met Ronald Hendricks het hulle ‘n 100 lopie vennootskap geslaan,” het hy uitgebrei.
Marco se tweelingbroer, Duan, het met die bal uitgeblink en die meeste paaltjies vir Noordwes geneem. Sy sewe stokke het hy met ‘n boulgemiddeld van 18 en algehele gemiddeld van slegs 3.71 lopies per boulbeurt afgestaan. “Ricus Swart en Ronald Hendricks het 5 paaltjies vir die toernooi gevat. Simphiwe Mkwhanazi het baie goed geboul en al hierdie spelers het van hulle geleenthede gebruik gemaak,” het Lubbe aangevoer.

Marco Jansen in aksie met die bal.
Marco Jansen in aksie met die bal laasjaar vir Gimmies. Foto: Wouter Pienaar.

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button